Ek is ‘n medelye, sag hartige mens en is baie lief vir die here. Ek geniet dit om buite in die vars lug te wees, om tyd saam met my gesin te spandeer en om op die hokkie baan te wees. Ek speel die kitaar en wil graag hierdie talent gebruik om God en sy kinders te dien. Ek is ‘n jeug laer in ons kerk vir kinders tussen agt en dertien jaar oud, en is deel van die kerk orkes.
Ek is huidig ‘n
student in onderwys gee vir graad R tot drie. Ek glo nie onderwys is so maklik
is as wat mense dink nie. Ek besef dat daar moeilike tye gaan wees, maar as ek ‘n
goeie hart en houding het, sal my loopbaan voorspoedig wees.
Ons beïnvloed
kinders sonder om daarvan bewus te wees, deur ons aksies, ons woorde en ons
houding. Kinders is heeltemal onskuldig en eerlik as hulle gebore word. Dit is
ons plug om hulle positief te beïnvloed. Spandeer tyd met hulle, wys hulle
liefde en glo in hulle. Dit is belangrik dat ons kinders leer dat hulle spesiaal
is. By die kerk en skool is net een plek waar ek kan dit doen, en ek is geseen om by altwee te dien.
Ek glo dat
kinders is ‘n geskenk van God, en ons moet hulle koester.
"Ek hoef nie te
preek of bybel verse uit te spreek nie om God se liefde te wys. Ek hoef net
opreg wees en laat God se liefde deur my skyn" - Jenni Marais