Maandag 26 Augustus 2013

Wie is ek?

Wat dink jy bedoel ek wanneer ek sê: “Dien sy kinders”? Dit beteken dat ons moet ras, nasionaliteit, taal, godsdiens, kultuur, vermoe, voorkoms, geslag en sosiale en ekonomiese status van elke mens vertoon. Ons moet nederig wees en ‘n voorbeeld wees vir die toekomste generasie.

Ek is ‘n medelye, sag hartige mens en is baie lief vir die here. Ek geniet dit om buite in die vars lug te wees, om tyd saam met my gesin te spandeer en om op die hokkie baan te wees. Ek speel die kitaar en wil graag hierdie talent gebruik om God en sy kinders te dien. Ek is ‘n  jeug laer in ons kerk vir kinders tussen agt en dertien jaar oud, en is deel van die kerk orkes.
Ek is huidig ‘n student in onderwys gee vir graad R tot drie. Ek glo nie onderwys is so maklik is as wat mense dink nie. Ek besef dat daar moeilike tye gaan wees, maar as ek ‘n goeie hart en houding het, sal my loopbaan voorspoedig wees.
Ons beïnvloed kinders sonder om daarvan bewus te wees, deur ons aksies, ons woorde en ons houding. Kinders is heeltemal onskuldig en eerlik as hulle gebore word. Dit is ons plug om hulle positief te beïnvloed. Spandeer tyd met hulle, wys hulle liefde en glo in hulle. Dit is belangrik dat ons  kinders leer dat hulle spesiaal is. By die kerk en skool is net een plek waar ek kan dit doen, en ek is geseen om by altwee te dien.
Ek glo dat kinders is ‘n geskenk van God, en ons moet hulle koester.
"Ek hoef nie te preek of bybel verse uit te spreek nie om God se liefde te wys. Ek hoef net opreg wees en laat God se liefde deur my skyn" - Jenni Marais


2 opmerkings:

  1. Om in liefde op te tree is altyd beter as enigiets anders...

    Enkele opmerkings:

    1. vermoë met 'n ë (alt 137)
    2. medelye, sag hartige mens - simpatieke mens met 'n sagte hart
    3. here - Here
    4. jeug laer - jeugleier
    5. plug - plig
    6. Spandeer tyd - Bring tyd met hulle deur
    7. geseën
    8. al twee
    9. kinder 'n geskenk van God is
    10. Ek hoef nie te preek of Bybelverse aan te haal om God se liefde te wys nie. Ek hoef net opreg te wees en God se liefde deur my laat skyn. ;-)

    AntwoordVee uit
  2. Dankie Jenni, dit is uitstekend:)
    ek het dit baie geniet.
    xx

    AntwoordVee uit