Maandag 02 September 2013

Wie is kinders, en wat beteken dit om te dien?


As jy die word “kind” sê, wat kom na gedagte?
Deesdae, vir die meeste mense, beteken die woord kind, irriterend, ‘n oorlas, ‘n vermorsing van tyd, stout...Daar is nie baie positiewe gevoelens oor die kinders van vandag nie. Hoekom is dit so? Moontlik as gevolg van die gemeenskap waarin ons leef en die opvoeding van ons kinders vandag.

Ons is so vinnig om die kind te oordeel vir wie hulle is, maar is dit nie ‘n weerspieëling van hul ouers nie? ‘N kind is nie sy eie nie, hy is gekoester, gevorm en gemaak in wie hy is.
‘N kind is ‘n geskenk van God. Hy het elkeen se biologiese struktuur geskep en brei elkeen individueel in sy ma se baarmoeder (Psalm 139). Dit sê vir ons hoe wonderlik ‘n kind geskep is.
Dit behoort vir ons genoeg rede om lief te hê en om ‘n kind te respekteer vir wie hy is en nie vir die gevolg van swak opvoeding nie.

Agter die “irriterende” persoon wat ‘n kind vandag kan wees, is iemand so onskuldig. Deur middel van ‘n kind se oë sien jy die wese van die liefde.
Om te dien, beteken om nederig te wees, om jouself een kant te hou en op die ander fokus. Dit moet vir ons as ‘n kind se rol model ons eerste doel wees.

 
Waneer ons die wêreld en mense deur ‘n kind se oë sien, met liefde, dit is wanneer ons werklik kan dien.

2 opmerkings:

  1. Enkele opmerkings:

    1. na gedagte - wat kom by jou op.
    2. 'N (nooit met 'n hoofletter nie!!)

    Jou skryfstuk is nie heeltemal beskrywend nie.

    AntwoordVee uit
  2. Ek dink dat van nou af moet daar positiewe gevoelens wees teenoor kinders. Kinders is die houers van die volgende generasie.

    AntwoordVee uit